Saturday, 13 August 2011

Hulle is my kinders


Ek stop by 'n huis, buite is 'n "baby safe", die bord buite lees : ABBA house. Die Here praat al lank met my oor die huis, die huis met sy hart en sy wees engeltjies. Ek en my man stop met die kar en maak die sleepwa oop. Die engel wat in die huis werk, *Mary, kom uit en begin ons help afdra en 'n glimlag straal oor haar gesig. Sy is so dankbaar oor al ons ou weggooi goed, speelgoed, klere, kussings... Elke bietjie help!

Na ons alles uitgelaai het vra ek vir Mary of ek maar kan gaan hello sĂȘ vir die wees babas in die huis.Dis my tweede ontmoeting met die klein engeltjies en toe ken my trane geen einde nie. Die tweeling boeties van 3 maande oud se mamma het nie genoeg geld vir nog twee kinders nie, sy het alreeds twee. Klein *Maleni kyk vir my met haar groot ogies terwyl ek vir haar bid en 'n regte baba glimlag pryk op haar gesiggie en haar ogies het hoop. Deur my trane gryp klein *Themba my vinger en wil nie laat gaan nie, ek se nog 'n gebed en streel sy klein koppie. "O Vader hou hom styf teen U bors vas, maak hom sterk!" Die een gebed na die ander dans by my lippe uit oor die klein engeltjies van ABBA house. My hartseer oorweldig my hart, en ek loop met 'n swaar hart terug na ons motor.

My trane rol en my hart is seer, maar *Mary glimlag met liefde en geluk terwyl sy die hek vir ons oopsluit. Sy is dan hulle mamma, sy is ryk geseen met baie babas. Maar haar gebed vir God gaan seker weer vanaand uit:" Vader stuur U mense om ons babas te kom aanneem en tuis te vat in 'n liefdevolle huis. 'n "Forever Family."

My vrae is baie en my hart is seer. Maar ek onthou die storie van die paar wat nie kon swanger raak nie. Die man praat met God en vra:" Vader, Vader, waarom wil U nie vir ons, ons eie kinders gee nie?" Hy se God het hom eenvoudig geantwoord:" Waarom wil jy nie een van my kinders he nie?" Die bevestiging was later weer daar. Kort daarna het hulle aansoek gedoen vir aanneming, en kort voor lank het God vir hulle een van Sy kinders gegee.

Ek kyk terug toe ons wegry by ABBA house, die "baby safe" in die muur in gebou en wonder hoe kan 'n mamma haar baba daar binne gaan neerle en weggee? En ek weet dat ABBA house, die "safe house" is met 'n engel soos *Mary en vele ander wat daar help. Die huis 'n tydelike stukkie hemel vir die wees engeltjies tot hulle nuwe mamma en pappa deur God gestuur is om hulle te kom haal...




From www.abbahouse.co.za  :


Baby N came to us at 6 months old, weighing less than a builder’s brick! He and a little girl came in together and we worried about various medical conditions, but we got them both tested extensively and discovered that they were malnourished simply because they had not been given enough to eat!
His fingers were often all wrinkly because he sucked them so much. He was anxious and tense and his eyes seemed to have seen so much.
He was given special milk and lots of love and care and he thrived. He just grew and grew and became the uncrowned, undisputed king of ABBA House! He celebrated his first birthday with us, was adopted at 15 months and is well loved.
He is alive because people cared enough to give…



Saturday, 21 May 2011

Sonskyn kindjie

Baie lank gelede toe ek maar 6 jaar oud was het my geliefste oupa, vir my, sy sonskyn kindjie begin noem. Die Oupa wat met liefde in sy  oe my in sy arms toegevou en vasgehou het. Daar by my ouma en oupa het pragtige herhinneringe begin groei. 

Sommige Vrydae aande het ek by hul gaan oorslaap net om vroeg die Saterdag oggend saam met Oupa by die busstop te wag. Die groot wit bus met sy oranje en blou strepe het gestop en ons het ingeklim, oppad middestad toe. Heelbo in die bus het ons Volksies getel tot dit vir my, toe omtrent 7 of 8, ontelbaar geraak het. In die middestad het ons uitgeklim en middagete gaan eet by 'n kafeteria - vleis, reis en aartappels, op die regte boere manier gemaak. 



My ouma en oupa het my op laerskool geleer dat ons "mag" oop oe bid as ons gaan stap in die aand en na die sterre kyk. Wat 'n openbaring vir 'n huppelende sonskyn kind? 
Min mense het my as kind verstaan, maar oupa het dieper gekyk, hy het iets raakgesien wat min al kon...


Ek weet ouma en oupa sou so lief wees vir my man. Iemand net soos oupa, met liefde in sy oe, iemand wat verder kyk en my raaksien vir wie ek is, oupa se sonskyn kindjie. My man het besluit ek is huppelkind... Op my troudag wens ek ouma en oupa kon deel he aan ons twee se liefde vir mekaar. Maar ek weet, ek weet hier diep binne in my dat hulle elke oomblik waargeneem het. Oupa het met sy liefde in sy oe glimlaggend vir ons geknipoog.


26 Maart 2011

Hulle albei is al 'n ruk lank weg vir altyd, daar waar ons in Ewigheid vrede vind. Ek wens ek kon vandag met oupa gesels sodat hy kon sien die getroude vrou wat voor hom sou staan nogsteeds sy sonskyn kindjie is, met 'n huppel in haar stap...
Julle sal vir altyd in my voortleef, in my geloofsoortuigings, my drome en vir altyd in my pragtige herhinneringe...


Al is ek eendag self in die Herfs van my lewe, sal ek altyd oupa se sonskyn kindjie bly...


A grandfather is someone with silver in his hair and gold in his heart.  ~Author Unknown